top of page

Speel is die hoogste vorm

van Navorsing- Albert Einstein

Welkom by Oopsy Daisy Speel Akademie, waar u kind se verbeeldingswêreld en opvoeding ontwaak! Ons is opgewonde om u kleinding deel te maak van ons entoesiastiese en koesterende kleuterlskool gemeenskap.

By Oopsy Daisy, glo ons dat elke maatjie 'n unieke blom is, reg om te blom en floreer op hul eie spesiale manier. Ons hardwerkende opvoeders en versorgers is toegewyd om 'n veilige, omvattende, en stimulerende omgewing te bied, waar u kind kan afskop op 'n opwindende ontdekkingsreis van groei en ontwikkeling.

Met ons speel-gebaseerde benadering in VroeëKinderontwikkeling, verstaan ons die belangrikheid om kreatiwiteit, nuurkierigheid, en liefde vir leer te koester van die begin af.  Ons spesifiek ontwerpte kurrikulum integreer ouderdom-toepaslike aktiwiteite, praktiese ondervindinge, en verbeeldingspel om te verseker dat elke kind se unieke behoeftes en belangstellings vervul word.

Van sensoriese navorsing tot taal ontwikkeling, van sosiale ontwikkeling tot vroeë wiskundige & wetenskaplike konsepte, bied ons 'n holistiese program wat die kind in geheel koester. Ons klaskamers is gevul met  eksplorasie, glimlagte, en opwindende leer geleenthede wat 'n liefde vir lewenslange leer sal inspireer. 

Veiligheid is 'n top prioriteit by Oopsy Daisy.  Ons handhaaf hoë standaarde van netheid en higiëne, om te verseker ons fasiliteite is altyd skoon, veilig en is goed geonderhou. Ons staf is opgelei in Noodhulp, en alle noodgeval protokol, wat u gemoedsrus bied, terwyl u kind hul opvoedkundige ontdekkingsreis aanpak. 

Ons herken ook die belangrikheid van oop kommunikasie en samewerking met ons ouers.  Ons moedig ouer betrokkenheid aan, en ons span is altyd reg om te luister, te ondersteun, en ook deurlopende bywerk te bied van u kind se vordering.   Saam kan ons 'n sterk vennootskap vorm, om u kind se ontwikkeling te ondersteun en hul sukses te verseker.

By Oopsy Daisy Speel Akademie, vier ons diversiteit en omverm ons elke kind se unieke kwaliteite en vermoëns.   Ons koester 'n warm en inklusiewe omgewing waar al die maatjies gewaardeer word, gerespekteer word, asook geondersteun word.  Hier blom vriendskappe, selfvertroue groei, en lewenslange herinneringe word gemaak.  

Ons nooi u graag om ons skool verder te verken, en die vreugde en wonder van Oopsy Daisy Speel Akademie te ondervind.   Sluit by ons aan waar ons saam 'n opwindende opvoedingsreis betree,  die vorming van jong breintjies bearbei, en die saadjies van 'n blink toekoms saai.  

Welkom by Oopsy Daisy, waar elke kind se potensiaal gekoester en gevier word!

Ons bied die volgende aan:

bottom of page